Friendship defined
Maart 15, 2009 at 11:16 nm | Posted in Uncategorized | 3 KommentaarMet koffiebone spel jy na elke nuwe sonsopkoms jou naam in my inbox, sodat ek die aroma daarvan kan inasem. Kan weet jy was hiér en dat jy onvoorwaardelik vir my wag.
Ek deel ‘n wêreld met jou soos met geen ander voor jou nie. Jy weet ek moes kaalvoet ‘n pad vol dorings trotseer om by jou uit te kom, maar elke tree was oor en oor die moeite werd as jou vriendskap die trofee was wat aan die einde van daardie journey vir my gewag het.
In retrospect I have (probably) not allowed many people to come too close to me during the past three decades. I have read about friendship, I have heard about it, I witnessed it .. always around me. Until I met you .. and finally understood what friendship is all about, and that it (in actual fact) exists and is more than a myth.

Ons kuier op die planete en speel hop-scotch met hulle totdat ons een vind waarvan ons hou en dan settle. We decorate it and leave our mark, it becomes our fortress. Together, we dress up for functions, we celebrate our victories, we cry rivers over our losses, we hide from our enemies, we share our secrets, we whisper our dreams, we wish upon the stars whom we call by their names, we .. hmm we sometimes sit in silence next to one another, a comfortable silence .. and by a mere glance, a single lock of the eyes, we can exchange a chapter.
Ons het een enkele ongeskrewe reël: hardcore honesty – even if it hurts. En met daardie eerlikheid het ons mekaar se vryheid gekoop, het ons dit geseël met onvoorwaardelike aanvaarding en grenslose liefde vir mekaar se siele en menswees.
Ons deel s-o-v-e-e-l … mag die 8-vormige stellasie op ons speelgrond nooit uit sy beurt praat nie. Mag ons altyd agter mekaar staan by die swaaie, altyd gereed om die ander een nog hoër en hoër te stoot totdat ons die arende kan soen-groet en strikke in die son se strale knoop, mag die een altyd vir die ander gebukkend met n bakhand-vlerk onderaand die glyplank wag om die val te breek, mag ons rondomtalie totdat ons uiteindelik stilstaan en die wêreld om ons begin draai en ons hande steeds mekaar vashou.
Mag ons saam sticky sauce met n strooitjie drink, saam ons naels swart verf en die dorp rooi, saam my windpomp se voete met ‘n swart bers toemaak in jou wêreld se winterkoue, terwyl ek jou in my lente ons wêreld se blomme wys en my Weskus met jou deel asof dit net ons geheim is.

May a single picture forever speak a thousand unspoken words between us. May the share of a single song be an hour-long visit together, and may the spaces between the words be filled with nothing but understanding.
I know God sends special people to cross our paths .. but in all honesty .. I never expected Him to send me one of His angels. To carry me, love me, protect me .. become my best friend .. ever .. and for ever. Is dit nie genoeg dat ek spartel met aanvaarding deur ander nie .. en hier kom jy met onvoorwaardelike aanvaarding .. in abundance?!
Jy is incredible .. jy ken my siel beter as jou eie sonder enige make-up, jy het my gesien op die kruin van sukses wanneer ek die branders van geluk kaalvoet surf, en jy het gesien wanneer daardie einste branders my plat en stukkend teen die rotse geslaan het. Jy was daar om die memorable highs af te neem en daar om die versplinterde stukke uitgespoel op die strand op te tel. Elke keer met net nóg liefde en omgee en honesty.
Zelda .. as Jesus ‘n mould gehad het waarvolgens Hy vriende geskape het .. then you were IT. Jou swart verf verf blend in met myne, jou klokhelder lag word die musiek wat my eie begelei, jou trane spoel die pad oop vir my spore om te volg, jou eerlikheid .. dit het meer waarde as elke gram suiwer goud in die heelal.
Jy maak Hom só trots elke keer wat jy die gordyn voor daardie einste venster wegtrek sodat ek Sy lig deur jou kan sien skyn, ek wie meer blind is as jy. Ek wie in my blinde oomblikke aan die hand gelei word deur jou. Ons vriendskap verweef soos daai einste kandelaar wat voor jou staan en jou hare bloedrooi soos die brandende vlam van vriendskap wat lewend daarop dans.
Afstand? Hmm … dis ‘n term wat vriendskap nie ken en verstaan nie.
Met oneindig baie liefde en respek ..
xx
3 Kommentaar »
RSS skakeling vir menings op die blad. TrackBack URI
Leave a Reply
Blog at WordPress.com. | Theme: Pool by Borja Fernandez.
Entries en comments feeds.
“Each friend represents a world in us, a world possibly not born until they arrive, and it is only by this meeting that a new world is born.” — Anais Nin
“The most I can do for my friend is simply to be his friend.” — Henry David Thoreau
“Friends are God’s way of apologizing to us for our families.” — Unknown
“Friendship is a single soul dwelling in two bodies.” — Aristotle
Comment by Zee— Maart 16, 2009 #
“Don’t pity the girl with one true friend. Envy her. Pity the girl with just a thousand acquaintances.”
By Katie Obenchain
Comment by betsieboop— Maart 18, 2009 #
Meer as ‘n jaar later – kom soek ek die stukkie weer op… EN voel ek die GENADE oor MY spoel – want in JOU…het ek gevind wat ek nie eers geweet het ek soek nie…en nou nie sonder dit kan klaar kom nie… My eerste gedagte van die dag is jou naam. Ek lees ons boodskappe soms oor en oor – kyk of ek die mense herken – parralelle universes – insync gedagtes. DANKIE – dit se te min…
D – deurnis
A – altyd
N – naby
K – kuiers
I – in
E – eternity….saam jou.
OKAY OKAY – dit maak nie sin nie…maar ai – hoe klink enige woorde van my naastenby REG – as ek in JOU WOORDE KOM SWEM HET…. lol
Lief vir jou !
Comment by zelda— Mei 6, 2010 #