Far away

April 30, 2009 at 10:53 nm | Posted in Nickelback, Uncategorized | 3 Kommentaar

Oi die lewe het ‘n vreemde sin vir humor.

Ek stap vanaand doodluiters ‘n vertrek binne .. en soos ‘n soldaat op die grens wat homself in ‘n lokval vasloop met die vyand, wat in formasie versteek in die bosse vir hom lê en wag, skielik met koeëls deurboor word, loop ek my in iets so eenvoudig soos ‘n liedjie vas.

Ek sug onwetend hardop en klap my tong, amper as refleks, terwyl ek my kop skud. Iemand in die vertrek draai om en vra ‘wat nou?’ .. ek antwoord vlugtig ‘nee dis net ‘n mooi song’ terwyl die woorde my hart deurboor en ek by myself dink dat daardie skerpskutter sowaar sy storie moet ken.

Dis nét ‘n simpel song ek wéét, maar al ooit vir ‘n vlietende sekonde amper lighoofdig gevoel, asof jy momenteel amper duiselig voel en jou balans wil verloor, maar daarna neem jy beheer en is als ok? As daai song net sonder waarskuwing van nêrens af sy verskyning maak en jou so vinnig pootjie dat jy nie weet op watter manier jy jou val moet breek om die impak te versag nie ..

Hmmm … ‘my restless soul is longing’ ..

Tyd is veronderstel om dinge beter te maak, dan nie? Ek is veronderstel om te vergeet. So vir watter onverklaarbare rede gee ek by die dag net meer en meer om vir jou? Jou kunstenaars-hand het vir my vlerke gegee, jy het ons skaduwees vas aan mekaar geteken … en iewers het ek seker gesluimer terwyl jy jou naam sierlik as Houdini onderaan geteken het.

Die song hieronder was nie die een op die radio nie. Maar dis gepas vir nou. Ek kan elke liewe dag ‘n song post, musiek is my asem. Maar vir jou .. vir jou kan ek 365 nuwe woorde sonder wysies skryf elke dag van die jaar, al rym hulle nie, al maak hulle nie altyd sin nie, al hou hulle nie tyd nie en dans mens met twee linkervoete op maat van hul klanklose lettergrepe .. all of this for you.

Ek mis jou steeds .. baie meer as wat ek moet.

far_away-400-x-259

FAR AWAY

[Artist: Nickelback]

This time, This place
Misused, Mistakes
Too long, Too late
Who was I to make you wait
Just one chance
Just one breath
Just in case there’s just one left
‘Cause you know,
you know, you know

[CHORUS]
That I love you
I have loved you all along
And I miss you
Been far away for far too long
I keep dreaming you’ll be with me
and you’ll never go
Stop breathing if
I don’t see you anymore

On my knees, I’ll ask
Last chance for one last dance
‘Cause with you, I’d withstand
All of hell to hold your hand
I’d give it all
I’d give for us
Give anything but I won’t give up
‘Cause you know,
you know, you know

[CHORUS]

So far away
Been far away for far too long
So far away
Been far away for far too long
But you know, you know, you know

I wanted
I wanted you to stay
‘Cause I needed
I need to hear you say
That I love you
I have loved you all along
And I forgive you
For being away for far too long
So keep breathing

‘Cause I’m not leaving you anymore
Believe it
Hold on to me and, never let me go
Keep breathing
‘Cause I’m not leaving you anymore
Believe it
Hold on to me and, never let me go
Keep breathing
Hold on to me and, never let me go
Keep breathing
Hold on to me and, never let me go

Seasons apart

April 30, 2009 at 12:24 vm | Posted in Uncategorized | 3 Kommentaar

Soms is jy vir my vier seisoene in ‘n dag. Elke keer wanneer ek die keyboard nader trek en my vingers onvoorbereid oor die letters vir jou wil dans, hul woorde wil leegbloei, besef ek opnúút wat ek in jou gehad het.

Die streelsagte warmte van ‘n goue son wat met uitgestrekte arms my in ‘n nuwe dag verwelkom, my omhels en toevou en ‘n sierlike geel strik om my bind om seker te maak ek bly veilig naby jou.

‘n Kaleidoskoop van aardse kleure in my herfs-uur waar jy saam my, langs my, die monsters soos die blare op die grond voor ons wegskop. Waar jou herfs-asem die bang, vrees, paniek en angs wegblaas en jou woorde ‘n muur om my bou om my te beskerm.

seasons_apart-400-x-533

Jy is my winter wanneer ek nodig het om af te koel en my voete op die grond te hou. Die wyse waarop jy al die goeie oomblikke saam vir my preserveer het, orals vir my reminders van jou incredible menswees gelos het. Ek deur die ysige glasruit kan staar na bevrore animasie en vir ‘n klein rukkie langer kan vashou aan dit wat (amper) was.

Hoe jy (selfs in jou afwesigheid) ewig en altyd my lente sal wees .. my nuwe lewe, my nuwe begin, my motivering, my hoop, hoe jy die skaduwees in my monochrome lewe inkleur en diepte, dimensie en betekenis verleen aan dinge wat andersins ‘doodgewoon’ sou wees, hoe jy my van elke sintuig bewus maak, hoe ek verlang na jou soos wat ‘n mens na ‘n lentebloeisel kyk en dit amper oorhaastig in antisipasie oopwens net om die volgroeide blom in al sy glorie te kan waardeer .. flippet hoe ek elke liewe dag begin en eindig in gebed .. wanneer ek jou naam fluister aan Iemand wie ek hoop en bid my hoor.

Ek wens soms .. in die dapper oomblikke .. dat jou somer my van die winter sal kom bevry, dat jou lente musiek sal maak waarop my herfs sal kan dans.

Ek wens soms .. konstant ..

Hmm, dis nou Winter in die Kaap. Selfs al was dit Somer.

Blog at WordPress.com. | Theme: Pool by Borja Fernandez.
Entries en comments feeds.

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.