Bedmaats
Mei 7, 2009 at 12:19 vm | Posted in Uncategorized | 7 KommentaarOns leef in ‘n uiters kompeterende wêreld. En kompetisie is lekker .. want wén is lekker. Punt lyn.
I am an introvert, which makes me the invisible opponent, the undercover competitor. I dice ignorant people in traffic, but I play fair when I choose a male opponent in a stronger capacity vehicle than my own. I take a peek at the person doing cardio next to me in the gym and if their level is higher than my own, I simply push harder, or try to at the very least.
Daar is nooit ‘n eerste prys vir my nie. Net die wete dat ek kán .. or that I’ll die trying. Want eintlik kompeteer ek met niemand anders as myself nie. Ek gryp my comfort zone aan die soom en gee dit ‘n paar deeglike plukke.
But there are times in life when one doesn’t want to fight your way to the top. When you don’t want to be the last person standing on the podium of someone’s heart .. but instead prefer to be the person they chose to sit on the throne of their heart. Quite a paradigm shift there I reckon.
Hmmmm .. en my gedagtes word weer eens deur die volgende vraag gyselaar geneem:
‘Which hurts more? That he chose hér or that he dídn’t choose me?’
Dis vir my amper soos die verskil tussen ‘tweede eindig’ en ‘tweede beste’ wees. Waar begin mens soek na die antwoorde? Wat het jou nie goed genoeg gemaak nie? Wat moes jy anders hanteer het? Hoe kon jy anders opgetree het? Watter kwaliteite is jou tekortkominge?
Ek dink aan die Van der Sandt kinders .. en oom Sarel wat saam BB werk se woorde eggo die hele aand deur my gedagtes: ‘Mens het nét 24 uur per dag om seer te hê, BB. Maar hóé deel jy dit deur 4?’
En skielik .. momenteel .. is ek nie meer bekommerd oor hoekom ek nie my plek in jou lewe kon behou nie. Want daar is niks meer wat ek daaraan kan doen nie. What does scare me, is the possibility of you leaving this world one day, ignorant of the fact that I loved you more than you will ever know.
Al maak dit nie meer saak nie. Al maak dit nie meer ‘n verskil nie. Ek kyk om my, buite die grense van my eie hartseer .. en ek sien mense waardevolle tyd mors. En ek voel ‘n amperse onbeheersde woede in my opdam wanneer ek hulle aan die kraag wil gryp en smeek om nie langer tyd te mors met mekaar nie, nie langer simpel mind-games te speel nie, nie langer te dink môre is nog ‘n dag nie .. want dalk is dit nie.
That is all regret that I have .. that you might never know .. you were my heaven.
Ek wil elke paar oë wat nou hierdie woorde vashou smeek om die mense in hul lewens wie saakmaak, wie regtig saakmaak, wie jou rede is om môre oggend wakker te word, te sê hoeveel hulle vir jou beteken en presies hoe lief jy vir hom of haar is. Woorde en dade is bedmaats. Die een kan nie sonder die ander nie. Moenie aanvaar die een praat namens die ander nie. Jy kry dalk nooit weer die kans om die ‘misverstand’ tussen die twee reg te stel nie.
Alle krag en sterkte word die Van der Sandt-familie toegebid. Ek stem saam Oom Sarel, dis amper ondenkbaar om jou dag in soveel hartseer te verdeel .. maar as jy wél vreugde het .. vermeningvuldig dit .. asseblief? Let them know .. now.
Ek wens jy het geweet ..
Blog at WordPress.com. | Theme: Pool by Borja Fernandez.
Entries en comments feeds.