Nagtelike oopoog dagdrome

Mei 13, 2009 at 1:42 vm | Posted in Uncategorized | 6 Kommentaar

Dis ‘n vreemde week. Ek sien haar spartel soos die uurglas van haar vryheid leegloop. Sy slaap weer al hoe minder, rusteloos. Die nagmerries is terug. Sy het weer ‘n black-out gehad. Sy hou die lug aanhoudend dop in amperse vrees dat die son mag verdwyn. Sy kyk na die duiwe en wens hulle was meeue. Sy kyk af wanneer sy verby haar refleksie loop. Sy krap sonder eetlus die ure op haar bord deurmekaar maar verslint die spasies tussen die woorde wat eens joune was in die hoop dat jy nader sou voel. Sy weet nie meer wie ek is nie.

Hmm ..

Die tralies van die beton oerwoud is besig om die laaste suurstof uit my longe te pers. Dis na middernag. Wanneer het dit na middernag geword? My vingers crave al na die gevoel om weer woorde soos vlugduiwe op papier los te laat. Maar wanneer het ek bang geword vir my woorde wat nou soos ‘n serp met ‘n te sterk greep om my nek die koelte van die oggendure probeer afweer? Wanneer het dit herfs geword?

Vreemde week.

Vryheid? Wat is die prys wat mens daarvoor betaal? En hoekom wil ek aan die ironie verstik wanneer ek besef ek wil vry wees van alles en almal behalwe jy? Ek verafsku vraagtekens ek wil hulle nie meer sien nie. Ek wil met ‘n sak vol punte loop en dit aan die einde van elke sin gaan sit.

From_the_depths_of_the_dark (350 x 525)

Ek is bang. Ek sit vasgevang binne in hierdie vormlose liggaam van iemand wat nie meer weet wie sy is nie. Asof erge amnesia haar beroof het van alles wat eens haar identiteit en menswees gevorm het. Wat was haar geaardheid gewees? Het sy drome en ideale gehad? Wat was die dinge wat haar laat glimlag het? Wie is die tipe mense na wie sy sou uitreik?

En .. wat gaan dit vat om my van haar te bevry?

Ek is hier. En klaarblyklik, soos almal van ons, met ‘n rede. Maar hoe lank voor ek daardie rede vind? Hoekom is ek nie net normaal soos ander mense nie? Hoekom hou ek nie van crowds nie, hoekom spandeer ek nie ure voor die televisie nie, hoekom kan ek nie oor normale goed blog soos ander mense nie, hoekom .. ag wat help dit tog? Net nog meer vraagtekens elkeen in ‘n eenrigting-straat.

Ek vertel vanaand .. gisteraand .. middernag het reeds gekom onthou .. vir iemand van my droom. Dis ‘n simpel droom en ene waaroor ek nie baie praat nie, juis omdat dit nie in glamour geklee is nie. As mens van ‘n droom praat, in meeste gevalle, is dit tog iets wat extraordinary wow is ..

In vergelyking met ander mense se drome staan myne soos ‘n mossie langs ‘n pou. Dis iets waarna ek gesmag het vir so lank ek kan onthou. Hmm my generasie mense sal die storie van Heidi onthou. So iets .. eenvoud. ‘n Houthuis iewers in die berge met baie baie baie bome. En realisties gesproke, elektrisiteit, water en adsl. Rus, vrede, stilte, skadu en spasie.

En jy.

Maar dis vanselfsprekend. Want selfs al sou die ondenkbare gebeur en jy hierdie wêreld verlaat .. ‘n deel van jou bly onlosmaaklik deel van my en niks of niemand, nie eers jy, kan dit verander nie.

the_woods (350 x 488)

Dink net, wanneer die son sak en ek in die swart buitelyne van die vallei se silhouette vaskyk en dit met ‘n onbeperkte aantal reënboog-gekleurde woorde kan inkleur. Ek my oë kan toemaak en soos ‘n pianis agter die keyboard van die pc kan inskuif en ek die letters simfonies kan laat voortvloei tot elke decibel van my gedagtes en emosies daarin vasgevang is.

Die see moet baie naby wees. Ek wil oor die bult kan stap en die soutsoen van die oseaan in die wind op my lippe kan proe. Ek wil vir die meeue padkos vat en elkeen roep op sy eie naam. Die rotse moet die meubels op my patio wees terwyl die son spelenderwys met sy geel vingers vir my waai voor die horison hom insluk. Met my omdraai moet die hoogwater my spore skoonvee en die see die geheim dat ek daar was bewaar. Die sterre moet soos die kat-ogies op die N1 my pad terug huis toe baan terwyl die maan soos ‘n hemelse flits die pad voor my voete verlig en my vertel van alles wat hy in die vorige 12 ure waargeneem het.

Dan is dit ek en die musikale stilte van die nag.

Rus, vrede, stilte, skadu en spasie.

En jy.

Ek wonder of die maan jou gesien het? Ek is te bang om hom te vra. Wanneer het ek so bang geword. Dis koud. Dis oggendure. Dis herfs. Jy is weg.

Ek gaan slaap.

6 Kommentaar »

RSS skakeling vir menings op die blad. TrackBack URI

  1. Ek hou van jou mossiedroom, Elf. En ek hou van jou. En ek hou ook van haar… x

  2. Aitog ek het ook van ons huisie in d berge gedroom…Se ma groete vr jou evil twin…Ek mis haar…Ek mis jou…Ek mis ons saamwees langs d vuur…Dit raak winter en d vuur is nie d selfde sonder jou… BBFL Z

  3. Hmmm, klink baie bekend. Ek’t ook geleer die laaste tyd dat dit goed is om weer na jouself te soek. Verdwaal maar so bietjie, jou hart sal jou die paadjie wys….

  4. “The secret of happiness is freedom. The secret of freedom is courage.” Thucydides

    to be diffent is not a curse .. it is being true to yourself

  5. Hey Elfie

    Wil jy hout goeters wen? Kom loer daar by ons…sorry virrie spam. Wil net seker maak almal mweet van die kompie voor iemand later vir my kwaad is as hulle die eerste vraag of twee gemis het!!

  6. Om te treur is ‘n swart emosie maar nodig. Jy gaan treur oor jy verlang. Jy gaan treur oor wat was. Jy gaan treur oor die fisiese pyn in jou borskas… Let it be.

    Sterkte
    x x x


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com. | Theme: Pool by Borja Fernandez.
Entries en comments feeds.

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.