R.I.P. (Run In Peace)

Julie 14, 2009 om 9:03 nm | Posted in Uncategorized | 7 Kommentaar

=|=  T H E    E N D    O F    T H I S    B L O G  =|=

Lonely_soul  (450 x 450)

Verslint

Mei 18, 2009 om 12:01 vm | Posted in Uncategorized, Woorde met Spasies | 17 Kommentaar

[Written by Elf – 17 May 2009]

Scarecrow 11 (400 x 300)

ek proe nog jou soet naam op my lippe
terwyl my spore net dieper en dieper sak
jou skaam glimlag wat soos veters deur my newels ryg
verdrink ek in die dryfsand van jou hart

For my fallen angel

Mei 17, 2009 om 12:01 vm | Posted in My Dying Bride, Uncategorized | 5 Kommentaar

[Artist: My Dying Bride]

As I draw up my breath,
And silver fills my eyes.
I kiss her still,
For she will never rise.

On my weak body,
Lays her dying hand.
Through those meadows of Heaven,
Where we ran.

Like a thief in the night,
The wind blows so light.
It wars with my tears,
That won’t dry for many years.

“Loves golden arrow
At her should have fled,
And not Deaths ebon dart
To strike her dead.”

Dis verlang-weer in die Kaap.

Die wolke huil hulself hees. My keel trek toe onder hierdie grys plafon wat skielik my berge, my bome en my suiderkruis in sy solder wegsteek. Die bicycle-spore op die vergete stofpad het weggereën.

Maar die rukwinde van onthou lei my voete in die regte rigting. Ek stap verby die rotse wat kenmerkend soos mylpale langs ons pad staan. En tog voel ek tuis tussen hulle. Onthou jy hoe ons halfpad sou stop en rus as een van ons moeg geraak het, of as ons sommer net wou sit en die sekuriteit van die saamwees in die vryheid van die vry-wees wou absorbeer? Hierdie rotse was soos ons meubels in die natuur.

Ek stap aan. Dit reën steeds en my deurmekaar hare hang in slierte soos swart kortgeknipte linte van my kop af. Die plantegroei word al hoe meer, hoewel die aankoms van die winter die vrolike gesiggies van die veldblomme kom haal het. Ek knip my oë om deur die wolke se trane te kan sien. Anderkant hierdie heuweltjie wink die bottelgroen ruigtes vir my. Ek skep moed.

The_Scarecrow 2 (400 x 544)

My stap verander in ‘n hardloop. I am running away from winter. Running forward but back in time. Suddenly I hear a ripping sound and feel something pulling me back. When I saw the woods in the distance I started to run, forgetting to hold onto the seems of my black dress to lift it off the ground. It got caught up by the thorns of a bush which tore it at the bottom.

I feel my right leg burning. I don’t have time to look whether it’s bleeding or not. My heart is pounding I need to make my way to the trees. Our trees. There is a small clearing in front of me. I run through it and quickly look over my shoulder. I smile. The strip of material that got torn off my black dress is entangled in the bush. Another black ribbon. It feels right.

I am out of breath. My throat is burning. I am leaning forward and resting with my hands on my knees. I made it, I am home at last and I have escaped the wrath of winter. I start walking, the palms of my open hands touching the bark of every tree I pass.

Where_the_wild_roses_grow (400 x 526)

Then I see it. One of the scarlet-toned wild roses you used to pick for me every time we set foot on this path. I kneel down and softly rub my finger over its’ scented velvet petals. I feel a drop of water running over my face. I look up at the roof of leaves .. didn’t I leave winter behind? Only then I feel the burning in my eyes and I realise it is a tear. One of my own.

I lean forward. Even closer. Holding the flower in my hand I softly whisper, ‘I’m sorry .. love said no.’ Then I picked it and carried it with me as I continued walking through the forest. The pace of my feet have slowed down dramatically. It became a stroll which, at times, came to a complete standstill.

Elke keer wat die hande van onthou my enkels omvou en my siel verlangend verlam .. en ek myself daaraan moet herinner om aan te hou met stap. Ek hoor weer water wat val, maar hierdie keer is dit nie die reën nie. Dit is ons stroom wat kabbel oor die ronde rivierklippe op die bodem daarvan. Ek sien die ou boom-brug waarop ons oudergewoonte gaan sit het, met ons bene wat afhang en swaai op maat van die stroom se simfonie.

I take a seat there, on the exact same spot where I always used to sit. This time beside an empty space, where you were supposed to be. After all this time this is still such a beautiful picture to lose oneself in. I figure if ever love had a grave, thís would be it.

Natural_Bridge (400 x 269)

I know I am supposed to drop the wild rose in my hands into the water below me .. to be carried away forever. Because you are no longer here beside me. For a moment I wonder if, all this time, everything we seemingly had was just my imagination. Then I shake my head. I look around me from where I am sitting and there are simply too many pieces of you everywhere. You wére here.

I get up and head back in the direction hence I came. The wild rose is still in my hand. I am going back and I am going to war with winter. And I am taking this flower with me. I am taking everything you gave me, everything you left me, with me. I am going to try and find her again. The person I was when I was with you. She was happy. She was really .. really happy.

Before I left the woods, I paused for a while. I lifted the wild rose to my lips and softly kissed it. I refuse to lie you down on the grave of a love that isn’t dead in my world. I may never find him again, but I can use what he taught me, I can try and be the person that he momentarily saw in me.

It’s cold. The wind is howling and the rain is pouring from the darkened sky.

Dis verlang-weer in die Kaap.

Beskerm: Silly post

Mei 16, 2009 om 12:58 vm | Posted in Private, Uncategorized | Gee jou wagwoord om kommentaar te lees.

Hierdie inhoud word deur ‘n wagwoord beskerm. Gee asseblief die wagwoord om die inhoud the besigtig.

Lost in space

Mei 15, 2009 om 12:01 vm | Posted in Avantasia, Uncategorized | 2 Kommentaar

[Artist: Avantasia]

A_Wasteland_Revived (400 x 443)

Another star
has fallen without a sound
Another spark
has burned out in the cold

Another door
to barrens standing open

And who is there
to tell me not to give and not to go

How could I know? How could I know?
That I’ll get lost in space to roam forever

How could I know? How could I see?
Feeling like lost in space to roam forever

I’m crawling down
The doorway to the badlands
And kicking down

Are you heard: it’s to the black
and all the damage
fading in the rear view mirror

When the demons
are calling me,
they’re dragging me away

How could I know? How could I know?
That I’ll get lost in space to roam forever

How could I know? How could I see?
Feeling like lost in space to roam forever

Lost in space
Lost in time
Lost in space
Lost in time
Lost in Space

How could I know, how could I…
How could I know, How could I know
That I’ll get lost in space to roam for ever

How could I now, how could I see
Feeling like lost in space to roam forever

Forever…

Dark_Seducer (400 x 293)

Hmm I guess it’s time for me to go and find my muse, or a temporary one at least. I still have a story to write remember?

May the dark seduction of the violin never disappoint me.

Keep it real .. please?

Vergete onthou

Mei 14, 2009 om 12:15 vm | Posted in Uncategorized | 3 Kommentaar

Die sweet pêrel teen die voorkop van haar halfvol glas wat poog om die onthou van drie maande terug te vergeet. Die druppels word swaar en gly oor die kontoer van die glas teen die steel af na onder. Sy lig die wysvinger van haar regterhand en volg die spoor wat die gekondenseerde traan oor die glas se wang gelos het. Drie maande.

Lacrimosa. The Latin word for weeping.

Time flies, she thinks quietly by herself. She smiles slightly: so do angels. Some even fly away. There is a shadow moving swiftly against the wall opposite from where she is sitting. It interrupts her thoughts when she looks up immediately, startled by the sudden movement.

She smiles, again. Off course. The candle burning on the table in front of her. She sighed at the thought of angels flying away. Her breath moved the flame on the table. Shadows against the wall. She lets her mind wander to the night before she wrote her first proper letter to him.

She was taking a bath at night and lit a candle. A single candle. And through a haze of steam she watched as the little flame glowed in the dark, trapped within a golden halo around it.

Dit het haar aan die Weskus herinner. In die wintermaande, met die mistigheid wat laag oor die kus hang, sien jy steeds jou Suiderkruis-kompas in die pikswart hemel, die melkweg soos klein diamante wat die Juwelier op sagte swart fluweel oor die hemelse toonbank uitgesprei het, en die maan. Die maan met ‘n 360° kring daarom. Queen of the night.

Bathing_in_Wine (400 x 522)

Iemand staan nader om haar glas vol te maak. Sy glimlag saaklik en knik haar kop om haar dank te betuig. Die skadu van die kers teen die muur daardie aand. Sy het in die warm water gelê en tergend saggies in die rigting van die vlam geblaas. En dit sou vir haar dans, asof op versoek. Maar sy sou nie na die vlam self kyk nie. Haar oë was gefokus op die skadu teen die muur.

Sy het aan hom gedink. Hoe hy lig in haar lewe gebring het. Warmte. Betekenis. Rigting. Hoe hy iets kleins sou doen of sê en dit, soos groot die skadu van die klen vlammetjie teen die muur, n rippel-effek in haar lewe tot gevolg sou hê.

She lived her life in monochrome. But he brought that series of screenschots to life. He animated her solitude, he captured every emotion in a frame.

She is supposed to be sad, angry even. But she lifts her crimson-filled glass and makes a toast. She never wanted a lighthouse. The candle was enough.

And he was ít. He was the shadow against her wall.

Sy neem die laaste sluk en plaas die leë glas vol onthou voor haar op die tafel neer. Dan leun sy effens vorentoe en blaas saggies die vlam van die kers voor haar uit. Sy maak vlugtig haar oë toe en asem in, hou die lug vir ‘n wyle in haar longe vas.

Thát is what she loves about scented candles .. they linger and captivate your senses .. long after their flame has departed. Soms selfs drie maande na die tyd.

Nagtelike oopoog dagdrome

Mei 13, 2009 om 1:42 vm | Posted in Uncategorized | 6 Kommentaar

Dis ‘n vreemde week. Ek sien haar spartel soos die uurglas van haar vryheid leegloop. Sy slaap weer al hoe minder, rusteloos. Die nagmerries is terug. Sy het weer ‘n black-out gehad. Sy hou die lug aanhoudend dop in amperse vrees dat die son mag verdwyn. Sy kyk na die duiwe en wens hulle was meeue. Sy kyk af wanneer sy verby haar refleksie loop. Sy krap sonder eetlus die ure op haar bord deurmekaar maar verslint die spasies tussen die woorde wat eens joune was in die hoop dat jy nader sou voel. Sy weet nie meer wie ek is nie.

Hmm ..

Die tralies van die beton oerwoud is besig om die laaste suurstof uit my longe te pers. Dis na middernag. Wanneer het dit na middernag geword? My vingers crave al na die gevoel om weer woorde soos vlugduiwe op papier los te laat. Maar wanneer het ek bang geword vir my woorde wat nou soos ‘n serp met ‘n te sterk greep om my nek die koelte van die oggendure probeer afweer? Wanneer het dit herfs geword?

Vreemde week.

Vryheid? Wat is die prys wat mens daarvoor betaal? En hoekom wil ek aan die ironie verstik wanneer ek besef ek wil vry wees van alles en almal behalwe jy? Ek verafsku vraagtekens ek wil hulle nie meer sien nie. Ek wil met ‘n sak vol punte loop en dit aan die einde van elke sin gaan sit.

From_the_depths_of_the_dark (350 x 525)

Ek is bang. Ek sit vasgevang binne in hierdie vormlose liggaam van iemand wat nie meer weet wie sy is nie. Asof erge amnesia haar beroof het van alles wat eens haar identiteit en menswees gevorm het. Wat was haar geaardheid gewees? Het sy drome en ideale gehad? Wat was die dinge wat haar laat glimlag het? Wie is die tipe mense na wie sy sou uitreik?

En .. wat gaan dit vat om my van haar te bevry?

Ek is hier. En klaarblyklik, soos almal van ons, met ‘n rede. Maar hoe lank voor ek daardie rede vind? Hoekom is ek nie net normaal soos ander mense nie? Hoekom hou ek nie van crowds nie, hoekom spandeer ek nie ure voor die televisie nie, hoekom kan ek nie oor normale goed blog soos ander mense nie, hoekom .. ag wat help dit tog? Net nog meer vraagtekens elkeen in ‘n eenrigting-straat.

Ek vertel vanaand .. gisteraand .. middernag het reeds gekom onthou .. vir iemand van my droom. Dis ‘n simpel droom en ene waaroor ek nie baie praat nie, juis omdat dit nie in glamour geklee is nie. As mens van ‘n droom praat, in meeste gevalle, is dit tog iets wat extraordinary wow is ..

In vergelyking met ander mense se drome staan myne soos ‘n mossie langs ‘n pou. Dis iets waarna ek gesmag het vir so lank ek kan onthou. Hmm my generasie mense sal die storie van Heidi onthou. So iets .. eenvoud. ‘n Houthuis iewers in die berge met baie baie baie bome. En realisties gesproke, elektrisiteit, water en adsl. Rus, vrede, stilte, skadu en spasie.

En jy.

Maar dis vanselfsprekend. Want selfs al sou die ondenkbare gebeur en jy hierdie wêreld verlaat .. ‘n deel van jou bly onlosmaaklik deel van my en niks of niemand, nie eers jy, kan dit verander nie.

the_woods (350 x 488)

Dink net, wanneer die son sak en ek in die swart buitelyne van die vallei se silhouette vaskyk en dit met ‘n onbeperkte aantal reënboog-gekleurde woorde kan inkleur. Ek my oë kan toemaak en soos ‘n pianis agter die keyboard van die pc kan inskuif en ek die letters simfonies kan laat voortvloei tot elke decibel van my gedagtes en emosies daarin vasgevang is.

Die see moet baie naby wees. Ek wil oor die bult kan stap en die soutsoen van die oseaan in die wind op my lippe kan proe. Ek wil vir die meeue padkos vat en elkeen roep op sy eie naam. Die rotse moet die meubels op my patio wees terwyl die son spelenderwys met sy geel vingers vir my waai voor die horison hom insluk. Met my omdraai moet die hoogwater my spore skoonvee en die see die geheim dat ek daar was bewaar. Die sterre moet soos die kat-ogies op die N1 my pad terug huis toe baan terwyl die maan soos ‘n hemelse flits die pad voor my voete verlig en my vertel van alles wat hy in die vorige 12 ure waargeneem het.

Dan is dit ek en die musikale stilte van die nag.

Rus, vrede, stilte, skadu en spasie.

En jy.

Ek wonder of die maan jou gesien het? Ek is te bang om hom te vra. Wanneer het ek so bang geword. Dis koud. Dis oggendure. Dis herfs. Jy is weg.

Ek gaan slaap.

Handle with care

Mei 10, 2009 om 11:09 nm | Posted in Uncategorized, Woorde met Spasies | 5 Kommentaar

Ek dink vanaand daaraan, om jou drome met iemand anders te deel is bietjie soos om bubbles te blaas. Jy het geen idee in watter rigting die wind dit gaan dra nie, op watter oppervlak dit te lande gaan kom nie, hoe dit ontvang gaan word nie.

Mense sê altyd wat jy met jou drome doen hang van jouself af, of jy gemotiveerd genoeg is om dit te maak werk. Ek stem heelhartig saam, maar .. oh yes, there is a but .. sometimes it depends on the hands who catch them as well.

A bubble is a fragile rainbow which can burst at any time. It is vulnerable. It is breakable. As mense hul drome en ideale met jou deel .. werk mooi daarmee asof dit jou eie is, seblief?

Dit geld ook vir wanneer iemand hul hartseer met jou deel. Wie is ons om die pyn van ‘n ander te beoordeel? Wie is ons om te sê ‘dis beter so, daar is ‘n doel mee, daar wag iets beters, build a bridge and get over it’ .. elke persoon se pyn, soos sy drome, is uniek en net daardie persoon en God alleen ken die intensiteit en opregtheid daarvan.

Bubblin (400 x 255)

Ek het eendag by die werk met ‘n vrou oor die foon gepraat. Ek het haar gebel om te sê haar man het R25,000 as tweede prys in ons kompetisie gewen. Jy reken sy het gehuil? Yup, sy het. Maar nie oor die geld nie.

Sy het my vertel dat hulle die geld sou aanwend om die eiendom te omhein na ‘n onlangse inbraak toe sy en haar man beide oorval is. Daar is baie goed gesteel, nadat sy en haar man beide bewusteloos teen die grond geslinger is. Maar hulle het haar seun se selfoon gesteel. Dít was waaroor sy gehuil het.

Hmm .. wat dink jy op hierdie stadium? ‘n Selfoon lol .. komaan ons het almal ou selfone van vorige upgrades iewers in ons kaste en gee hulle soms pasella weg want ons kry een van die dae ‘n nuwe ene. Ek weet. Dit was haar seun se selfoon. Hy is oorlede in ‘n motorongeluk. Daardie selfoon was die énigste enkele aardse besitting wat sy van haar seun gehad het. Dit was iets om aan vas te hou.

Moenie mense se pyn en hartseer judge nie. Werk mooi daarmee is al wat ek vra. Hulle drome is soms so klein, hulle vra soms só bitterlik min, soms .. hmm soms as mens tussen die lyne kyk, is al wat hulle vra om aanvaar te word .. om bietjie liefgehê te word.

Nét dit. Dis vlerke vir iemand wat daarna smag. A ticket around the world in their eyes.

ek mis jou meer as wat enige woorde kan verduidelik

Jou arms uitgestrek na bo het jy vir my die sterre gepluk. Hul soos ‘n bos swart rose in my arms kom neerlê en elkeen by die naam genoem. Want hulle was ons s’n. Die son en maan het jy saamgebring, vir ‘sommer net’ want hulle is die yin en yang van die heelal.

Jou drome het jy vir die aandwind gefluister toe sy vingers saggies deur my hare gestreel het. Jou bang wees het jy vir die wolke vertel toe hulle jou trane oor my kom reën het. Die son het jou vreugde in sy geel vingers vasgehou wat dit vir my op die klavier kom speel het.

Die blitse het jou woede aan my kom verklap, terwyl die bome hul opdrag van jou om oor my wag te hou uitgevoer het deur my ongeskonde deur die vergete paadjies in die woud te laat wandel.

Jy voel soms so naby dat ek wil opkyk wanneer jy oor my skouer loer. So flippen naby .. en tog so ontoereikend ver. I will love you till the end of time … and beyond. Ek kan dit ontken .. but I would be living a lie.

stranded (400 x 280)

VERGETE GYSELAAR

[Written by Elf – 10 May 2009]

jy hardloop sorgvry die toekoms in
my hart soos ‘n kite aan ‘n tou
bietjie lag en bietjie huil
ek wonder of jy my naam onthou?

leë beloftes en doodloopstrate
verklap die koördinate in ons verhaal
nou skryf ek simpel rympies
oor die wonder van ons verdwaal?

ek hardloop alleen die toekoms in
my hart eens ‘n kite aan ‘n tou
jou lag eggo teen my trane vas
het jy vergeet om vas te hou?

The birth of Twilight

Mei 10, 2009 om 12:01 vm | Posted in Uncategorized | 2 Kommentaar

Hoekom is die eerste sin van enige skrywe altyd die moeilikste? En tog begin ‘n vriendskap met iets so eenvoudig soos ‘n blote hello. En ‘n sin eindig altyd met ‘n punt. Ek onthou skielik, jy het altyd ‘n punt aan die einde van alles gesit, selfs na ‘n een-woord opskrif. Altyd. Behalwe met my .. waar het jy daardie punt met my verlê?

Ek dwaal af. Want ek het nie ‘n eerste sin as anker gehad nie. En my gedategang is soos ‘n stout kind wat aanhoudend afdwaal wanneer ek my rug draai. Dalk is blog-stilte after-all nie so ‘n slegte idee nie, dis nis asof daar meer iets van waarde uit my pen voortvloei nie. Dis net woorde wat retories hande vat en op dieselfde melodie dans .. soos as mens in gedagte op ‘n swaai in die parkie sit .. swaying back and forth .. going nowhere slowly.

So ek kan net sowel oor gewone goed skryf waarby niemand eintlik enige belang het nie, merely to amuse myself.

Amuse. Hmm ..

A muse.

The one who has left me. Wtf.

Anyways. Die groot liefde in my lewe het vandag uiteindelik ‘n naam gekry. Ek kon nie met ‘n gepaste naam opkom nie. En het besluit om op te hou met soek, in the belief that it would come to me when the time was right. Amper asof die naam homself aan my sou openbaar.

Vandag was daardie dag. *drumroll vir dramatiese effek* .. nee liewer nie, dit herinner te veel aan ‘the rhythm of the war drums’ .. black ribbons everywhere .. silent reminders awaiting me like cobwebs around every corner.

Hier is my bike. Twilight.

Twilight

Once upon a time I used to go to the movies religeously every week. Ek het vir ‘n fliek soos Lord of the Rings halfdag verlof geteken by die werk net om die Premiére op daardie eerste dag te kan bywoon. I guess I stopped going to the movies along the way. Die laaste paar maande is ‘n blur .. ek skat daar is baie dinge wat ek nie meer doen nie. Lewe is dalk een van hulle.

Anyways, nog ‘n ompad nadat ek myself doelbewus in die rede geval het. Die fliek Twilight. Ek wil boekdele daaroor skryf en in dieselfde asem so min as moontlik sê. Ek het dit vandag vir die eerste keer gekyk.

Dit was ‘n onbeskryflike ervaring. I close the drawer and as the dvd gets swallowed into the machine I sit back and watch my story .. our story .. unfold on screen. Ek verwys nie na die odd ooreenkoms nie .. dit was ‘n carbon copy van ONS. Met die verskil .. dié storie het ‘n opvolg. Ouch. And still .. no regrets. I’d do it all over again even if I had to endure the pain once more.

Twilight_1 (400 x 188)

Sooooo .. 10 Mei is Moedersdag. En my ouma se verjaarsdag. Flippet ek was lief vir haar, is nog steeds. ‘n Ouma so uit die boeke uit. Ek was die vetste en lelikste kleinkind van almal en tog was sy vir my die liefste. Ek onthou hoe sy saam my albasters voor die huis geskiet het, hoe sy op die voorstoep sit en brei het terwyl ek met my BMX soos ‘n maniak op en af in die straat gery het. Ek onthou hoe ons haar spesifiek op 16 Desember elke jaar (wat toe nog ‘n vakansiedag was) gaan haal het om te kom kuier oor die Kersvakansie tot diep in die nuwe jaar. Ek onthou haar middag slapies. Ek onthou hoe sy die lekkerste kos ooit kon kook, sonder ‘n resepteboek in sig. Hoe sy my gunsteling poeding sou maak om my na skool te verras. Hoe sy haar mooi gemaak het as ons winkels toe gegaan het. Hoe ek altyd op die spaar bed in haar kamer kon slaap wanneer ons gaan kuier het, en ons in die donkerte lê en gesels het.

En hoe sy die een mens was wat ek die graagste op my gradeplegtigheid wou hê, maar die lewe hou sy eie tyd. Ek het haar in die middel van my matriekjaar verloor. Ek wens sy was nou hier. Dat ek haar Wimpy toe kon neem vir koffie. Dat ek vir haar ‘n selfoon kon gee sodat ek haar kon sms. Dat ek haar kon rondry en mooi plekke wys, haar sommer vrot bederf met presente sonder dat sy vra, dat ek haar op die internet kon wys hoe lyk die mense wat op haar radio in die hoek praat elke dag. Sy is ligjare te vroeg van my weg. Lief jou meer as ooit Ouma Essie. Dink aan jou vandag met jou verjaarsdag. Dankie dat jy jou dogter aan my gegee het, die beste ma waarvoor ek ooit kon vra.

Swan_Love

En dan Moedersdag.

Hoe sê mens dankie aan die een enkele persoon op hierdie aarde in wie se onvoorwaardelike liefde jy nie vir ‘n enkele sekonde hoef te twyfel nie? Iemand wat dwarsdeur die mure kyk wat jy soms om jou bou. Iemand wat die woord ma 101% gestand doen. Iemand wat saam met jou skaterlag vir die simpelste grap, iemand wat huil omdat jy hartseer is, iemand wat in die nag wakker lê en vir jou bid, iemand wat jou sms as dit reën ‘ry veilig want jy is kosbaar vir my’, iemand wat weet wanneer ek koffie in die Wimpy nodig het want ek gaan nie daarheen omdat ek dors is nie maar omdat ek jou ore nodig het, iemand wat weet om nie te vra oor die foto wat steeds aan die binnekant van my kas se deur geplak is nie want jy weet die wond is nog rou, iemand wat niks minders as haar heel beste vir haar huisgesin sal doen en gee en opoffer nie want al wat saakmaak is hulle geluk en welstand. Iemand wat dit lekker maak om huis toe te kom, iemand wie met nat dankbaarheid in haar oë bly is as jy jou verlof vir nog ‘n week verleng het, iemand saam wie elke oomblik ‘n avontuur is.

Iemand wie my bel en sê luister jou favourite song speel in die agtergrond op die radio (as dit ‘n band is wie jy nie veronderstel is om te ken nie), iemand wat verby die prentjie in die spieël kyk, iemand wie my nie probeer verander nie maar juis love wat my anders maak, iemand wie my beter ken en liewer het as ek myself, iemand wat my lewe op daardie einste motorfiets vrees maar wie ook weet wat dit vir my beteken en my daardie vervulling gun want jy weet ‘it’s not just a passion but a way of life’. Hmm en iemand vir wie ek sou sterf as ek moes. My ma. Ek is liewer vir jou as die lewe self. What goes on trip, stays on trip remember? Gelukkige Moedersdag .. JY maak my lewe die moeite werd vir my.

Paint by numbers

Mei 9, 2009 om 12:38 vm | Posted in Uncategorized | 3 Kommentaar

Not the type of real-time experience I prefer to post on my blog, but this is simply too special nót to share. Dit was een van daardie ‘you had to be there’ en ‘the pics don’t do it justice’ oomblikke .. maar hier is dit nietemin.

There I was, on my birthday, watching the sun set over the big blue in front of me. At some point in time, for nó apparent reason, I turn my head sideways and look up at the sky ..

And there it was, my new age written in the clouds ..

33

Laugh if you feel the need to. Ek weet wat ek weet .. en dit was Sy geskenk aan my, Sy manier om my daaraan te herinner Hy het my nie vergeet nie .. dat die menslik onmoontlike vir Hom alledaags is, dat HOOP altyd bestaan.

En op 4 Mei op daardie gegewe tyd en plek .. hmm juis op daardie spesifieke tyd en plek .. was dit genoeg. Was dit meer as waarvoor ek kon vra, meer as dít wat ek alreeds so onverdiend uit Sy hand ontvang het.

Anyways. Nog een week se vryheid oor. Ek wens soms mens kon tyd soos ‘pay as you go’ airtime koop, maar mens kan seker ook vir net só lank aanhou hardloop. Veral as die eina-werklikheid insink en mens dit moedig hardop erken .. dat die enigste mens van wie jy eintlik so chronies probeer ontvlug .. jyself is.

Hmm .. kan jy menslik gesproke jouself intrade vir ‘n refund? I wish ..

Volgende Blad »

Create a free website or blog at WordPress.com.
Entries en Kommentare feeds.