Handle with care

Mei 10, 2009 om 11:09 nm | Posted in Uncategorized, Woorde met Spasies | 5 Kommentaar

Ek dink vanaand daaraan, om jou drome met iemand anders te deel is bietjie soos om bubbles te blaas. Jy het geen idee in watter rigting die wind dit gaan dra nie, op watter oppervlak dit te lande gaan kom nie, hoe dit ontvang gaan word nie.

Mense sê altyd wat jy met jou drome doen hang van jouself af, of jy gemotiveerd genoeg is om dit te maak werk. Ek stem heelhartig saam, maar .. oh yes, there is a but .. sometimes it depends on the hands who catch them as well.

A bubble is a fragile rainbow which can burst at any time. It is vulnerable. It is breakable. As mense hul drome en ideale met jou deel .. werk mooi daarmee asof dit jou eie is, seblief?

Dit geld ook vir wanneer iemand hul hartseer met jou deel. Wie is ons om die pyn van ‘n ander te beoordeel? Wie is ons om te sê ‘dis beter so, daar is ‘n doel mee, daar wag iets beters, build a bridge and get over it’ .. elke persoon se pyn, soos sy drome, is uniek en net daardie persoon en God alleen ken die intensiteit en opregtheid daarvan.

Bubblin (400 x 255)

Ek het eendag by die werk met ‘n vrou oor die foon gepraat. Ek het haar gebel om te sê haar man het R25,000 as tweede prys in ons kompetisie gewen. Jy reken sy het gehuil? Yup, sy het. Maar nie oor die geld nie.

Sy het my vertel dat hulle die geld sou aanwend om die eiendom te omhein na ‘n onlangse inbraak toe sy en haar man beide oorval is. Daar is baie goed gesteel, nadat sy en haar man beide bewusteloos teen die grond geslinger is. Maar hulle het haar seun se selfoon gesteel. Dít was waaroor sy gehuil het.

Hmm .. wat dink jy op hierdie stadium? ‘n Selfoon lol .. komaan ons het almal ou selfone van vorige upgrades iewers in ons kaste en gee hulle soms pasella weg want ons kry een van die dae ‘n nuwe ene. Ek weet. Dit was haar seun se selfoon. Hy is oorlede in ‘n motorongeluk. Daardie selfoon was die énigste enkele aardse besitting wat sy van haar seun gehad het. Dit was iets om aan vas te hou.

Moenie mense se pyn en hartseer judge nie. Werk mooi daarmee is al wat ek vra. Hulle drome is soms so klein, hulle vra soms só bitterlik min, soms .. hmm soms as mens tussen die lyne kyk, is al wat hulle vra om aanvaar te word .. om bietjie liefgehê te word.

Nét dit. Dis vlerke vir iemand wat daarna smag. A ticket around the world in their eyes.

ek mis jou meer as wat enige woorde kan verduidelik

Jou arms uitgestrek na bo het jy vir my die sterre gepluk. Hul soos ‘n bos swart rose in my arms kom neerlê en elkeen by die naam genoem. Want hulle was ons s’n. Die son en maan het jy saamgebring, vir ‘sommer net’ want hulle is die yin en yang van die heelal.

Jou drome het jy vir die aandwind gefluister toe sy vingers saggies deur my hare gestreel het. Jou bang wees het jy vir die wolke vertel toe hulle jou trane oor my kom reën het. Die son het jou vreugde in sy geel vingers vasgehou wat dit vir my op die klavier kom speel het.

Die blitse het jou woede aan my kom verklap, terwyl die bome hul opdrag van jou om oor my wag te hou uitgevoer het deur my ongeskonde deur die vergete paadjies in die woud te laat wandel.

Jy voel soms so naby dat ek wil opkyk wanneer jy oor my skouer loer. So flippen naby .. en tog so ontoereikend ver. I will love you till the end of time … and beyond. Ek kan dit ontken .. but I would be living a lie.

stranded (400 x 280)

VERGETE GYSELAAR

[Written by Elf – 10 May 2009]

jy hardloop sorgvry die toekoms in
my hart soos ‘n kite aan ‘n tou
bietjie lag en bietjie huil
ek wonder of jy my naam onthou?

leë beloftes en doodloopstrate
verklap die koördinate in ons verhaal
nou skryf ek simpel rympies
oor die wonder van ons verdwaal?

ek hardloop alleen die toekoms in
my hart eens ‘n kite aan ‘n tou
jou lag eggo teen my trane vas
het jy vergeet om vas te hou?

5 Kommentaar »

RSS feed for comments on this post. TrackBack URI

  1. “‘dis beter so, daar is ‘n doel mee, daar wag iets beters, build a bridge and get over it’ .. elke persoon se pyn, soos sy drome, is uniek en net daardie persoon en God alleen ken die intensiteit en opregtheid daarvan.” Tx, i needed to hear this today.
    PS. Jou foto is pragtig, soos altyd. XXX

  2. Ek vind die gedig aan die einde meesleurend. “het jy vergeet om vas te hou” is ‘n sprekende beeld van hoe ons soms ons drome laat gaan, maar ook verhoudings met ander laat los.

    Die selfoon is kontak. Jy het ‘n besonderse gawe om met jou indringende, ryk, beeldryke woorde en metafore die menslike gees te omhein.

    Dankie hiervoor.

  3. *fluister – ek voel of ek op holy ground is. Wippie het gese ek moet hier kom inloer, maar ek is amper te bang om ‘n geluid te maak. Ek is absoluut in ekstase oor jou skryfstyl en as ek mag gaan ek beslis meer gereeld hier draai.

    Ek het met ons baba se begrafnis die kleinste diamant pendant gekry van iemand wat ook ‘n baba verloor het. Haar woorde was “Dis wat hulle vir ‘n mens is” en daardie woorde sal my altyd by bly, maar ek sal ok nie kan aanvaar as daardie pendant weg raak nie.

  4. Jissie, ek lees hier wat EK voel.

    Jy is so reg as jy se wie is ons om iemand anders se seer te judge. Fokkit dit laat my dink! ‘n Mens voel altyd niemand se seer kan ooit so erg soos jou eie wees nie.

  5. Elfie daar sê jy nou net wat ek elke dag “preach”

    Ander mense se drome (en hier sluit ek ook ander mense harte in)
    ” . It is vulnerable. It is breakable. As mense hul drome en ideale met jou deel .. werk mooi daarmee asof dit jou eie is, seblief?”

    Pragtige inskrywing, Handle with care!!!


Lewer kommentaar

Create a free website or blog at WordPress.com.
Entries en Kommentare feeds.