Vergete onthou

Mei 14, 2009 om 12:15 vm | Posted in Uncategorized | 3 Kommentaar

Die sweet pêrel teen die voorkop van haar halfvol glas wat poog om die onthou van drie maande terug te vergeet. Die druppels word swaar en gly oor die kontoer van die glas teen die steel af na onder. Sy lig die wysvinger van haar regterhand en volg die spoor wat die gekondenseerde traan oor die glas se wang gelos het. Drie maande.

Lacrimosa. The Latin word for weeping.

Time flies, she thinks quietly by herself. She smiles slightly: so do angels. Some even fly away. There is a shadow moving swiftly against the wall opposite from where she is sitting. It interrupts her thoughts when she looks up immediately, startled by the sudden movement.

She smiles, again. Off course. The candle burning on the table in front of her. She sighed at the thought of angels flying away. Her breath moved the flame on the table. Shadows against the wall. She lets her mind wander to the night before she wrote her first proper letter to him.

She was taking a bath at night and lit a candle. A single candle. And through a haze of steam she watched as the little flame glowed in the dark, trapped within a golden halo around it.

Dit het haar aan die Weskus herinner. In die wintermaande, met die mistigheid wat laag oor die kus hang, sien jy steeds jou Suiderkruis-kompas in die pikswart hemel, die melkweg soos klein diamante wat die Juwelier op sagte swart fluweel oor die hemelse toonbank uitgesprei het, en die maan. Die maan met ‘n 360° kring daarom. Queen of the night.

Bathing_in_Wine (400 x 522)

Iemand staan nader om haar glas vol te maak. Sy glimlag saaklik en knik haar kop om haar dank te betuig. Die skadu van die kers teen die muur daardie aand. Sy het in die warm water gelê en tergend saggies in die rigting van die vlam geblaas. En dit sou vir haar dans, asof op versoek. Maar sy sou nie na die vlam self kyk nie. Haar oë was gefokus op die skadu teen die muur.

Sy het aan hom gedink. Hoe hy lig in haar lewe gebring het. Warmte. Betekenis. Rigting. Hoe hy iets kleins sou doen of sê en dit, soos groot die skadu van die klen vlammetjie teen die muur, n rippel-effek in haar lewe tot gevolg sou hê.

She lived her life in monochrome. But he brought that series of screenschots to life. He animated her solitude, he captured every emotion in a frame.

She is supposed to be sad, angry even. But she lifts her crimson-filled glass and makes a toast. She never wanted a lighthouse. The candle was enough.

And he was ít. He was the shadow against her wall.

Sy neem die laaste sluk en plaas die leë glas vol onthou voor haar op die tafel neer. Dan leun sy effens vorentoe en blaas saggies die vlam van die kers voor haar uit. Sy maak vlugtig haar oë toe en asem in, hou die lug vir ‘n wyle in haar longe vas.

Thát is what she loves about scented candles .. they linger and captivate your senses .. long after their flame has departed. Soms selfs drie maande na die tyd.

Blog at WordPress.com.
Entries en Kommentare feeds.