Handle with care

Mei 10, 2009 om 11:09 nm | Posted in Uncategorized, Woorde met Spasies | 5 Kommentaar

Ek dink vanaand daaraan, om jou drome met iemand anders te deel is bietjie soos om bubbles te blaas. Jy het geen idee in watter rigting die wind dit gaan dra nie, op watter oppervlak dit te lande gaan kom nie, hoe dit ontvang gaan word nie.

Mense sê altyd wat jy met jou drome doen hang van jouself af, of jy gemotiveerd genoeg is om dit te maak werk. Ek stem heelhartig saam, maar .. oh yes, there is a but .. sometimes it depends on the hands who catch them as well.

A bubble is a fragile rainbow which can burst at any time. It is vulnerable. It is breakable. As mense hul drome en ideale met jou deel .. werk mooi daarmee asof dit jou eie is, seblief?

Dit geld ook vir wanneer iemand hul hartseer met jou deel. Wie is ons om die pyn van ‘n ander te beoordeel? Wie is ons om te sê ‘dis beter so, daar is ‘n doel mee, daar wag iets beters, build a bridge and get over it’ .. elke persoon se pyn, soos sy drome, is uniek en net daardie persoon en God alleen ken die intensiteit en opregtheid daarvan.

Bubblin (400 x 255)

Ek het eendag by die werk met ‘n vrou oor die foon gepraat. Ek het haar gebel om te sê haar man het R25,000 as tweede prys in ons kompetisie gewen. Jy reken sy het gehuil? Yup, sy het. Maar nie oor die geld nie.

Sy het my vertel dat hulle die geld sou aanwend om die eiendom te omhein na ‘n onlangse inbraak toe sy en haar man beide oorval is. Daar is baie goed gesteel, nadat sy en haar man beide bewusteloos teen die grond geslinger is. Maar hulle het haar seun se selfoon gesteel. Dít was waaroor sy gehuil het.

Hmm .. wat dink jy op hierdie stadium? ‘n Selfoon lol .. komaan ons het almal ou selfone van vorige upgrades iewers in ons kaste en gee hulle soms pasella weg want ons kry een van die dae ‘n nuwe ene. Ek weet. Dit was haar seun se selfoon. Hy is oorlede in ‘n motorongeluk. Daardie selfoon was die énigste enkele aardse besitting wat sy van haar seun gehad het. Dit was iets om aan vas te hou.

Moenie mense se pyn en hartseer judge nie. Werk mooi daarmee is al wat ek vra. Hulle drome is soms so klein, hulle vra soms só bitterlik min, soms .. hmm soms as mens tussen die lyne kyk, is al wat hulle vra om aanvaar te word .. om bietjie liefgehê te word.

Nét dit. Dis vlerke vir iemand wat daarna smag. A ticket around the world in their eyes.

ek mis jou meer as wat enige woorde kan verduidelik

Jou arms uitgestrek na bo het jy vir my die sterre gepluk. Hul soos ‘n bos swart rose in my arms kom neerlê en elkeen by die naam genoem. Want hulle was ons s’n. Die son en maan het jy saamgebring, vir ‘sommer net’ want hulle is die yin en yang van die heelal.

Jou drome het jy vir die aandwind gefluister toe sy vingers saggies deur my hare gestreel het. Jou bang wees het jy vir die wolke vertel toe hulle jou trane oor my kom reën het. Die son het jou vreugde in sy geel vingers vasgehou wat dit vir my op die klavier kom speel het.

Die blitse het jou woede aan my kom verklap, terwyl die bome hul opdrag van jou om oor my wag te hou uitgevoer het deur my ongeskonde deur die vergete paadjies in die woud te laat wandel.

Jy voel soms so naby dat ek wil opkyk wanneer jy oor my skouer loer. So flippen naby .. en tog so ontoereikend ver. I will love you till the end of time … and beyond. Ek kan dit ontken .. but I would be living a lie.

stranded (400 x 280)

VERGETE GYSELAAR

[Written by Elf – 10 May 2009]

jy hardloop sorgvry die toekoms in
my hart soos ‘n kite aan ‘n tou
bietjie lag en bietjie huil
ek wonder of jy my naam onthou?

leë beloftes en doodloopstrate
verklap die koördinate in ons verhaal
nou skryf ek simpel rympies
oor die wonder van ons verdwaal?

ek hardloop alleen die toekoms in
my hart eens ‘n kite aan ‘n tou
jou lag eggo teen my trane vas
het jy vergeet om vas te hou?

The birth of Twilight

Mei 10, 2009 om 12:01 vm | Posted in Uncategorized | 2 Kommentaar

Hoekom is die eerste sin van enige skrywe altyd die moeilikste? En tog begin ‘n vriendskap met iets so eenvoudig soos ‘n blote hello. En ‘n sin eindig altyd met ‘n punt. Ek onthou skielik, jy het altyd ‘n punt aan die einde van alles gesit, selfs na ‘n een-woord opskrif. Altyd. Behalwe met my .. waar het jy daardie punt met my verlê?

Ek dwaal af. Want ek het nie ‘n eerste sin as anker gehad nie. En my gedategang is soos ‘n stout kind wat aanhoudend afdwaal wanneer ek my rug draai. Dalk is blog-stilte after-all nie so ‘n slegte idee nie, dis nis asof daar meer iets van waarde uit my pen voortvloei nie. Dis net woorde wat retories hande vat en op dieselfde melodie dans .. soos as mens in gedagte op ‘n swaai in die parkie sit .. swaying back and forth .. going nowhere slowly.

So ek kan net sowel oor gewone goed skryf waarby niemand eintlik enige belang het nie, merely to amuse myself.

Amuse. Hmm ..

A muse.

The one who has left me. Wtf.

Anyways. Die groot liefde in my lewe het vandag uiteindelik ‘n naam gekry. Ek kon nie met ‘n gepaste naam opkom nie. En het besluit om op te hou met soek, in the belief that it would come to me when the time was right. Amper asof die naam homself aan my sou openbaar.

Vandag was daardie dag. *drumroll vir dramatiese effek* .. nee liewer nie, dit herinner te veel aan ‘the rhythm of the war drums’ .. black ribbons everywhere .. silent reminders awaiting me like cobwebs around every corner.

Hier is my bike. Twilight.

Twilight

Once upon a time I used to go to the movies religeously every week. Ek het vir ‘n fliek soos Lord of the Rings halfdag verlof geteken by die werk net om die Premiére op daardie eerste dag te kan bywoon. I guess I stopped going to the movies along the way. Die laaste paar maande is ‘n blur .. ek skat daar is baie dinge wat ek nie meer doen nie. Lewe is dalk een van hulle.

Anyways, nog ‘n ompad nadat ek myself doelbewus in die rede geval het. Die fliek Twilight. Ek wil boekdele daaroor skryf en in dieselfde asem so min as moontlik sê. Ek het dit vandag vir die eerste keer gekyk.

Dit was ‘n onbeskryflike ervaring. I close the drawer and as the dvd gets swallowed into the machine I sit back and watch my story .. our story .. unfold on screen. Ek verwys nie na die odd ooreenkoms nie .. dit was ‘n carbon copy van ONS. Met die verskil .. dié storie het ‘n opvolg. Ouch. And still .. no regrets. I’d do it all over again even if I had to endure the pain once more.

Twilight_1 (400 x 188)

Sooooo .. 10 Mei is Moedersdag. En my ouma se verjaarsdag. Flippet ek was lief vir haar, is nog steeds. ‘n Ouma so uit die boeke uit. Ek was die vetste en lelikste kleinkind van almal en tog was sy vir my die liefste. Ek onthou hoe sy saam my albasters voor die huis geskiet het, hoe sy op die voorstoep sit en brei het terwyl ek met my BMX soos ‘n maniak op en af in die straat gery het. Ek onthou hoe ons haar spesifiek op 16 Desember elke jaar (wat toe nog ‘n vakansiedag was) gaan haal het om te kom kuier oor die Kersvakansie tot diep in die nuwe jaar. Ek onthou haar middag slapies. Ek onthou hoe sy die lekkerste kos ooit kon kook, sonder ‘n resepteboek in sig. Hoe sy my gunsteling poeding sou maak om my na skool te verras. Hoe sy haar mooi gemaak het as ons winkels toe gegaan het. Hoe ek altyd op die spaar bed in haar kamer kon slaap wanneer ons gaan kuier het, en ons in die donkerte lê en gesels het.

En hoe sy die een mens was wat ek die graagste op my gradeplegtigheid wou hê, maar die lewe hou sy eie tyd. Ek het haar in die middel van my matriekjaar verloor. Ek wens sy was nou hier. Dat ek haar Wimpy toe kon neem vir koffie. Dat ek vir haar ‘n selfoon kon gee sodat ek haar kon sms. Dat ek haar kon rondry en mooi plekke wys, haar sommer vrot bederf met presente sonder dat sy vra, dat ek haar op die internet kon wys hoe lyk die mense wat op haar radio in die hoek praat elke dag. Sy is ligjare te vroeg van my weg. Lief jou meer as ooit Ouma Essie. Dink aan jou vandag met jou verjaarsdag. Dankie dat jy jou dogter aan my gegee het, die beste ma waarvoor ek ooit kon vra.

Swan_Love

En dan Moedersdag.

Hoe sê mens dankie aan die een enkele persoon op hierdie aarde in wie se onvoorwaardelike liefde jy nie vir ‘n enkele sekonde hoef te twyfel nie? Iemand wat dwarsdeur die mure kyk wat jy soms om jou bou. Iemand wat die woord ma 101% gestand doen. Iemand wat saam met jou skaterlag vir die simpelste grap, iemand wat huil omdat jy hartseer is, iemand wat in die nag wakker lê en vir jou bid, iemand wat jou sms as dit reën ‘ry veilig want jy is kosbaar vir my’, iemand wat weet wanneer ek koffie in die Wimpy nodig het want ek gaan nie daarheen omdat ek dors is nie maar omdat ek jou ore nodig het, iemand wat weet om nie te vra oor die foto wat steeds aan die binnekant van my kas se deur geplak is nie want jy weet die wond is nog rou, iemand wat niks minders as haar heel beste vir haar huisgesin sal doen en gee en opoffer nie want al wat saakmaak is hulle geluk en welstand. Iemand wat dit lekker maak om huis toe te kom, iemand wie met nat dankbaarheid in haar oë bly is as jy jou verlof vir nog ‘n week verleng het, iemand saam wie elke oomblik ‘n avontuur is.

Iemand wie my bel en sê luister jou favourite song speel in die agtergrond op die radio (as dit ‘n band is wie jy nie veronderstel is om te ken nie), iemand wat verby die prentjie in die spieël kyk, iemand wie my nie probeer verander nie maar juis love wat my anders maak, iemand wie my beter ken en liewer het as ek myself, iemand wat my lewe op daardie einste motorfiets vrees maar wie ook weet wat dit vir my beteken en my daardie vervulling gun want jy weet ‘it’s not just a passion but a way of life’. Hmm en iemand vir wie ek sou sterf as ek moes. My ma. Ek is liewer vir jou as die lewe self. What goes on trip, stays on trip remember? Gelukkige Moedersdag .. JY maak my lewe die moeite werd vir my.

Blog at WordPress.com.
Entries en Kommentare feeds.